In hierdie oulike, praktiese pakket ontdek ons nog meer maklike 3-letter woordjies. Terwyl ons die letters van die alfabet oefen, begin ons ook met die begrip van woordjies: om te herken dat woordjies gemaak word met die letters wat ons ken. Die doel van hierdie werkkaarte is nie om te leer lees nie – alhoewel dit deel is van die oefening! – maar eerder om die begrip van hoe woorde gemaak word, vas te lê. Wanneer die kleuter verstaan hoe woordjies gemaak word, sal lees alreeds ‘n makliker oefening wees.
Hier is een van ons ander Ontdek 3-letter Woorde pakkette.
Reviews
There are no reviews yet.