Lekker Leer Lesplanne

... want dis lekker om te leer!!

Lekker Leer Lesplanne

... want dis lekker om te leer!!

Leer Skryf

Leer oor letters en syfers en hoe om hulle te skryf - op 'n prettige manier!

Verskeie Werksblaaie

Interaktiewe werksblaaie wat verskeie visuele en fyn motoriese vaardighede ontwikkel.

Weeklikse Tema Lesplanne

Weeklikse planne volgense oulike temas wat werksblaaie, motoriese ontwikkeling, asook kunsaktiwiteite insluit.

Hier is 'n paar voorbeelde van ons werksblaaie:

Bietjie meer oor ons...

Ons is ‘n groot gesin – daar is mamma en pappa en 5 kinders! 2 Sussies en 3 boeties. Die oudste sussie is al uit die huis uit en die jongste sussie is 3. Ons het vir sowat 4 jaar lank tuisonderrig gedoen. 

In daardie tyd het ek as mamma begin om werksblaaie te soek vir my jongste seun om solank te begin leer. Groot was my soek, maar min was my fonds – veral vir werkies in Afrikaans! En die koste verbonde aan baie van die skoolwerkies wat wel in Afrikaans beskikbaar was, was te veel vir ons – selfs al was dit nou nie juis buitensporig nie. 

Ek het besluit om my kennis en kreatiwiteit te gebruik, tesame met inspirasie uit Pinterest en Google, en my eie werksblaaie te ontwikkel. Soos dinge maar gaan, het dit nodig geword om te beplan wanneer om wat te doen en die een ding het die ander geroep, tot ek uiteindelik ‘n volledige programmetjie ontwikkel het. 

Die programmetjie het alle areas gedek: fyn en groot motories, visuele ontwikkeling (sluiting, geheue, diskriminasie, volgorde en figuur onderskeid), syfer en letter vaardighede, asook ‘n paar ander ontwikkelingsvelde. 

Ek het daardie programmetjie aangepas vir ons jongste sussie en ek het toe besluit om my werksblaaie beskikbaar te stel vir ander mammas wat ook net ‘n bietjie inspirasie nodig het!

Geniet die skoolwerkies – kinders leer die meeste deur te speel, so moedig spel en kreatiwiteit aan so tussen die werkies deur!

 

 

Bietjie meer oor ons...

Ons is ‘n groot gesin – daar is mamma en pappa en 5 kinders! 2 Sussies en 3 boeties. Die oudste sussie is al uit die huis uit en die jongste sussie is 3. Ons het vir sowat 4 jaar lank tuisonderrig gedoen. 

Ek kon nie baie Afrikaanse hulpmiddels kry wat bekostigbaar was nie. So, ek het besluit om my kennis en kreatiwiteit te gebruik, tesame met inspirasie uit Pinterest en Google, en my eie werksblaaie te ontwikkel. Dit het ‘n volledige programmetjie geword wat alle areas dek. 

Geniet die skoolwerkies – kinders leer die meeste deur te speel, so moedig spel en kreatiwiteit aan so tussen die werkies deur!

 

Train up a child in the way he should go: and when he is old, he will not depart from it. – Proverbs 22:6

Skermskoot van ons produkte

Hier is van ons produkte!
Ons het verskeie opwindende temas en prettige werkkaarte om van te kies.
Besoek ons WINKEL vir meer!!

Nuutste Produk
Voorgestelde Produk
Fokus Produk

Wat ander mense sê oor ons produkte:

Ons nuutste artikels